Ginkgo

Ginkgo
Tydperk: PermHoloseen
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Genus:
Ginkgo
Binomiale naam
Ginkgo biloba

Die ginkgo (Ginkgo biloba) is die enigste oorblywende oertydse boom uit die klas Ginkgoinae. Tydens die Mesosoïkum en die Tersiêr het bome van die klas oor die hele wêreld voorgekom. Vandag word dit egter net in Oos-Asië aangetref. Kenmerkend vir die boom is sy uitgespreide takke met waaiervormige blare. Die boom is tweehuisig, dit wil se manlike en vroulike blomme word op verskillende bome gedra. Die vroulike boom dra groen sade wat 'n eetbare neut bevat. Die ginkgo is 'n naaksadige plant.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy